Roger Nupie
onsigbare verbintenis
Paul Gellings, Joris Iven, Roger Nupei, Hannie Rouweler, Guy Van Hoof.
Vertaling versie Nederlands-Afrikaans: Floris Brown.
Om n grootmoeder se agteruigaan só te beskryf is van onophoudelik te huil en in jouself te sterf soos Roger Nupie dit stel in
- IV - “Haar vol ronde liggaam/krimp/tot een kleine hartseer”
- V - “Vrijf sy oor die vel/van haar huid,/wat dunner word.// Soos die tuin wat haar wereld was,/
die blomme wat skroei/ Sie n sy die son/ steeds vinniger ondergaan”.
‘n Digter wat weet hoe om emosie in jou wakker te maak.
Floris Brown
Demer Press, 2011
traduction Français
HAAR HANDSKRIF
vir my grootmoeder,
Tine Van Der Sloten (1897-1990)
I
Van haar moeder
bly die gemis
van weggooigoed.
Van haar vader
die lewenslange herkou
aan wysheid.
Van haar kleinseun
die klein ergernis,
'n onvoorwaardelike liefde.
Die ure saam,
en die ure
wat ek haar vergeet het.
II
Ten slotte
sê sy die see,
laat haar koud
Skynbaar soos
die dood
in November.
Een keer snik sy
oor twee oorlede
vriendinne
Eén in Brussel,
eén in Amerika,
wie sy nooit besoek het nie.
III
Sy vlieg twee maal,
laat brandende huise
agter haar.
Van toe af praat sy
nougeset 'n volle uur
voor sy gaan slaap.
Oor haar ontberings
skryf sy nooit
'n enkele woord.
En tog, baie keer:
haar handskrif
langsaam stewig.
IV
Nooit leer sy
van bier en wyn en
die trae troos
Wel van blomme,
sodra die tyd
na haarself draai
Haar vol ronde liggaam
krimp
tot een klein hartseer
So asof die lewe
wat tog só mooi lyk
haar argwaan wek.
V
As sy dink
aan haar man en haar seun
wat mense van haar ontneem het
Vrijf sy oor die vel
van haar huid,
wat dunner word
Soos die tuin
wat haar wêreld was,
die blomme wat skroei
Sien sy die son
steeds vinniger
ondergaan.